Argiteksbloudruk-tekeninge van die Cardboard House
Hierdie kartonhuis, wat deur Australiërs ontwerp is, behoort ’n goeie belegging te wees. Dit is goedkoop en vervoerbaar. Die dak is waterdig – duursame HDPE-plastiek (wat vir watertenks gebruik word) is gebruik. Hierdie huise word gebruik as noodbehuising, korttermyn- akkommodasie of wanneer permanente huise opgeknap of oorgebou word. Die kartonhuis is ’n stel dele wat uit ’n platpak met rame, ’n invul-vloer en muurpanele bestaan. Dit het baie min hegstukke: nylon vleuelmoere, poliësterband wat met die hand vasgetrek kan word en Velcro- vasmakers word gebruik om die rame en beskermende bedekking aanmekaar te sit.
Die gebou kan binne ses uur deur twee mense aanmekaargesit word. ’n Reeks rame word deur ’n gestandaardiseerde sekondêre struktuur gespasieer en gestabiliseer, soortgelyk aan die verdelers wat inmekaar pas en in wynbokse gebruik word. Wanneer dit aanmekaargesit is, verskaf die struktuur ’n kreatiewe argitektoniese raamwerk vanwaar die huis sy voorkoms verkry. Vaste en skuifbare bybehore, vloere, deurrame en ander openinge, beligting en ander dienste hou alles verband met die struktuur en uitleg. Die dakbedekking is van ’n liggewig materiaal. Die dakmateriaal is soos ’n flap oor ’n tent wat help om die gebou op die grond te hou en verskaf verspreide lig in die dag en ’n liggloed saans. Water word in houers onder die vloer versamel, wat ook help om die liggewig kartonhuis stewig op die grond te hou. Watter ontwerpstyle dink jy het die grootste invloed op die ontwerp hierbo? Dink ook aan ander moontlike invloede!
StaP4
Prototipe Skep ’n prototipe OF lewensgrootte model van jou ontwerp.
StaP5
ander Sluit ook die volgende by jou voorlegging in: • ’n Lys van moontlikhede om ’n waterdigte oplossing te verseker. • ’n Gedetailleerde sakeplan om na befondsing te kyk, ’n SWOT- en PESTLE-ontleding en ’n toekomstige bemarkingsplan
• Kosteberekening en prysing, opstellingstyd en enige ander uitgawes wat voorsien word.
PLAAS DINGE IN PERSPEKTIEF: Onthou dat jou argiteksfirma besluit het om hulle idee aan die regering voor te lê – ’n korttermyn-platpak-kartonhuisoplossing wat vinnig en maklik aanmekaargesit kan word. Die ontwerp is gepatenteer en reg om vervaardig te word. Al wat nodig is, is die groen lig van die regering en finansiële befondsing!
JY KAN DIE VOLGENDE KRITERIA VIR DIE FINALE PRODUK GEBRUIK: Kreatiewe, oorspronklike en duursame gebruik van karton. Platpak-verpakkingsidee wat maklik uitvoerbaar is en maklik aanmekaargesit kan word. Ondersoek die strukturele sterkte van die ontwerp – deur wiskundige strukture, byvoorbeeld oktagone en pentagone of origami-konstruksie-idees. Praktiese en werkbare idees om dit waterdig te kry.