Subkulture bied aan indivue en groepe ’n geleentheid om vryelik uit te druk wat hulle anders maak. Subkultuurelemente kan egter deel van die populêre kultuur word. Skaatsplankry, graffiti en tattoeëering was aanvanklik heeltemal taboe-praktyke, maar oor die jare heen het reklamemaatskappye en mode- ontwerpers begin om die beelde en idees van hierdie en talle ander subkulture te begin gebruik. Aangesien hierdie idees en beelde deel geword het van die daaglikse wêreld omdat ons dit in tydskrifte en inkopiesentrums sien, is dit nie meer elemente van rebelsheid nie, aangesien dit begin om deel van die populêre kultuur te word.
Herlewing- en retrotendense
Ons leef in ’n wêreld wat ’n obsessie het met die “nuwe” – ’n nuwe model motor, ’n nuwe selfoonmodel, ’n nuwe reeks klere, eintlik enige nuwe produk! Dit is belangrik om daarop te let dat talle van die “nuwe” items en tendense in ons moderne wêreld teruggryp na style of konsepte van die verlede. Die boheemse modestyle, die styfpassende broeke, neonkleure, helder, geometriese patrone, volhoubare materiale en talle ander moderne ontwerpelemente word deur style van die verlede geïnspireer. Die insluiting van hierdie style uit die verlede by moderne ontwerp beteken dat elemente van ons historiese populêre kultuur weer in ons eietydse populêre kultuur bekendgestel kan word.
Vorige style kan óf herleef óf hulle kan eenvoudig weer gebruik word – daar word dan daarna verwys as “retro”. “Retro” is die Latynse term vir “agteruit” soos in die betekenis van woorde soos *retrogressief en *retrospektief.. Retrostyle en ontwerpers boots ontwerpstyle uit die verlede na. Daar is gewoonlik ten minste een dekade of meer tussen die tyd toe die styl oorspronklik geproduseer is en die moderne reproduksie. Retrostyle kan spesifiek wees, byvoorbeeld om slegs ’n patroon of enkele ontwerpelement van ’n produkstyl te gebruik, of dit kan ’n meer algemene bekendstelling wees, in welke geval die hele styl weer in die mode sal raak. Retro kan op mode, produkontwerp, reklame, musiek, ens. toegepas word. Voorbeelde wat die retrostyl-eienskappe uit die 1950s en 1960s gebruik het, sluit in die Mini Media Centre wat deur Thomas Thomassen ontwerp is, die Teac CD/horlosieradio en yskaste wat deur Big Chill geproduseer is.
’n Mini Media Centre ontwerp deur Britse ontwerpstudent Thomas Thomassen is ’n voorbeeld van retrostyl-eienskappe.
Big Chill, ’n Amerikaanse
maatskappy wat in retrostyl yskaste spesialiseer.
Die The SL-D900 CD/ Radio/Clock van Teac in 2006 se ontwerp is geïnspireer deur die 50s se styl van toebehore en motors.
* 394 /////
Retrogressief: Die praktyk om op ervarings uit die verlede en die geskiedenis te fokus eerder as om vorentoe te beweeg en die toekoms te omarm. Retrospektief: Dit verwys na “terugskouing” of nadenke oor die verlede. ’n Kunstenaar kan ’n retrospektiewe uitstalling hê waarin werke uit hulle verlede uitgestal word om hulle hele spektrum van werk te vertoon.