Die voorbeeld hierbo gee vir jou ’n kykie hoe die finale papierteater kan lyk! Die ingeslote voorbeeld wys ook vir jou hoe ’n papierteater werk. ’n Mens kan duidelik hier die laageffek sien wat ook die illusie van ’n 3D-model skep. Die modelbouer het gebruik gemaak van gedrukte panele wat uitgesny is en op ’n dikker monteerbord vasgeplak is. ’n Houtbasis en -struktuur is geskep waarop al die lae vasgeplak is en die proscenium, gordyne, mure en die agterdoek insluit. ’n Mens kan duidelik sien dat die kleure met waterverf bygevoeg is en die oppervlak met ’n laag vernis bedek is.
?
HETJYGEWEET Gedurende die 1920s is ’n reeks uitknipposkaarte geskep. Die reeks is “Toy Town” genoem en het die era gedurende die Eerste Wêreldoorlog gedenk. Die meeste poskaarte in hierdie reeks is onderteken as Geo. Hierdie poskaarte het versamelaarsitems geword. Die idee agter hierdie poskaarte was dat die gelukkige ontvanger hierdie beelde sal uitknip en bou!