Beveg vigs deur die mode (Fighting AIDS through Fashion)
Afrika suid van die Sahara het die hoogste getal individue met MIV (menslike immuniteitsgebreksvirus). Ons woon in Afrika suid van die Sahara. Die meeste mense in Suid-Afrika weet dit, maar verstaan ons werklik wat dit vir ons toekoms beteken? Vigs is die siekte wat verband hou met die virusinfeksie MIV. Talle individue leef egter vir baie jare vol en produktiewe lewens voordat hulle vigs-simptome ontwikkel. Volgens Avert was daar in 2009 ongeveer 5,6 miljoen mense in Suid-Afrika wat met MIV of vigs leef (www.avert.org). Ons sien elke dag plakkate en strooibiljette wat steun vra vir vigs- verwante programme en advertensies oor TV wat ons vra om van ’n MIV-vrye generasie te droom. Vigs is een van die verskriklikste *pandemies wat die wêreld nog ooit gesien het. MIV/vigs is ’n werklike bedreiging vir die toekoms van Suid-Afrika en dus ’n kwessie wat aandag moet ontvang in maatskaplike welsynsveldtogte, asook deur gesondheidsorg- en opvoedkundige veldtogte. Ontwerp het nog nooit ’n groter geleentheid gehad om te help, op te voed en by te dra nie. Van die skepping van inligtingsverpakking, opvoedkundige boekies en toetstoerusting, tot programme wat ten doel het om die eiewaarde en selfvertroue van MIV-positiewe individue op te bou, was ontwerp ’n sleutelinstrument en kommunikeerder in die stryd teen MIV/vigs. Daar is egter steeds individue en gemeenskappe wat nie verstaan hoe die siekte opgedoen of beheer word nie. Hierdie gebrek aan basiese kennis of doodeenvoudig die geloof dat dit “nooit met my sal gebeur nie”, moet hanteer word deur veldtogte wat toepaslik is vir die teikenmark en ’n mens laat nadink.
ADreach en Red Storm Visuals plakkaat vir MIV/vigs-bewustheid op Wêreldvigsdag, 1 Desember 2010
Nicolaas Maritz se ontwerp wat die Franse Dessine l’Espoir-kompetisie gewen het. Hierdie ontwerp sal gebruik word in veldtogte om mense oor MIV/vigs-diskriminasie in Suid-Afrika en ander Afrika-lande op te voed.
* 422 /////
Pandemie: Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is ’n pandemie ’n ernstige menslike siekte wat wêreldwyd voorkom en waarvoor die mens geen immuniteit het nie.