Vakman/vakpersoon: ’n vaardige persoon wat betrokke is by die maak van ’n produk Vakmanne: vaardige werkers/kunstenaars Vatbaar: fisiese manifestasie of realisering van ’n idee of konsep; dit is eg en kan aangeraak word Veelvoudigepunt perspektiewe: inkorporeer ’n spesiale liniêre illusie; sisteem met meer as twee verdwyningspunte op die horison sodat lyne wat parallel vloei, ontmoet; skep ’n illusie van spasie Verbruiker: ’n persoon wat dienste of goedere koop en gebruik Verdwyningspunt: in perspektiefsketse is dit die punt waar alle teruggaande lyne sal ontmoet Vergroting: om iets groter te maak Verpakkingsontwerp: om die formaat van die produkhouer te ontwerp; word gebruik om die produk te beskerm vir vervoerdoeleindes; om die produk tussen mededingers se produkte te kan uitken; kommunikeer relevante inligting oor die produk, bv. bestanddele, instruksies of veiligheidsregulasies Vertoon- of uitstallingsontwerp: kan alles insluit met betrekking tot die uitleg van ’n uitstalling, soos Decorex of Design Indaba Expo, tot die ontwerp van individuele spasies binne ’n uitstallingsruimte om die handelsmerk en behoeftes van ’n maatskappye in daardie spasie te verteenwoordig ten einde om by die uitleg van die hele uitstalling te pas Visuele letterkunde: die vermoë om gedagtes te interpreteer en te transformeer en inligting deur visuele aspekte en simbole te kommunikeer Visuele tekstuur: illusie van teksture op ’n 2D-of 3D-vorm Vlytkuns: aktiwiteit waar iets met die hand gemaak word; vereis sekere vaardighede Volhou (Sustain): om voort te gaan en ’n sekere vlak te behou, sonder om dit permanent te vernietig Volhoubaarheid (Sustainability): die vermoë om ’n sekere vlak of tempo te kan handhaaf Volhoubare ontwerp (Sustainable design): bewaring van ontwerp, produk of boumiddele deur van herwonne en hernubare materiale gebruik te maak Vooraansig: die voorste deel van ’n vorm of die gesig van ’n objek Voorgestelde beweging: skep ’n gevoel van beweging in ’n prent wat nie die vermoë besit om te beweeg nie; verkry deur die wyse waarmee jy die elemente van ontwerp toepas; herhaling van elemente kan dit ook bewerkstellig
Voorgestelde lyn, panele, vorms en fatsoene: aan die oog gesuggereer sonder dat dit werklik daar is Voorgestelde spasie: 3D-spasie geprojekteer op ’n 2D-oppervlak; skep die illusie van ’n 3D-spasie al is dit slegs ’n 2D-oppervlak Voorgrond: ’n afdeling in ’n prent (2D) wat die naaste aan die kyker vertoon; afdeling aan die voorkant van die res van die komposisie Voorkoms en gevoel: deel van wat ’n ontwerper probeer weergee om die teikenmark te beïndruk; verwys na die ondervinding en ervaring van die verbruiker terwyl ’n nuutgeskepte leemte gevul word met ’n nuwe produk Voortsetting/oogvlak: die aanhoudende lyn of hoek van een vorm na ’n ander; die kyker se geleidelike oogbewegings deur ’n komposisie Vorm: ’n 3D-figuur; volume en fatsoen van ’n 3D-objek of die illusie daarvan op ’n 2D-oppervlak; die fisiese aspek (nie inhoud) van ’n werk Vormloosheid: afwesige struktuur; het geen definitiewe vorm Vrye vorm: enige onreëlmatige vorm of fatsoen wat in beelde of versierings gevind kan word; geskep deur die vloeiende gekurfde lyne Vryf/wrywing (Frottage): ’n vel papier wat geplaas word op ’n swaar tekstuur of reliëf sodat daar met ’n sagte kryt of potlood op die papier gevryf kan word; metode wat gebruik word om ’n kopie van ’n oppervlak te produseer
W
Waarde: graad van ligtheid en donkerheid Waardekontras: jukstaposisie (langs mekaar plaas) van ligte en donker areas Warm kleure: kleure soos rooi, oranje en geel Werksetiek: die manier waarop jy jouself gedra wanneer jy ’n gegewe taak verrig; die manier waarop jy die taak wat jy moet verrig, organiseer en afhandel