DIE ARGITEK CHARLESCOCKERELLhet gesê: “Die poging om ter wille van die ekonomie die werk van die denke en die hande deur meganiese prosesse te vervang, sal altyd die kunste afbreek en uiteindelik vernietig.”
“
Maatskaplike en omgewingsimplikasies van die Industriële Revolusie
• Oorvol stede en dorpe het tot ’n tekort aan huise gelei en grootskaalse krotbuurte tot gevolg gehad.
• Swak sanitasie het tot siektes gelei. • Werksure was lank en lone swak. • Geen vergoeding is vir beserings betaal nie. • Kinderarbeid is uitgebuit. • Daar was grootskaalse besoedeling. • Lugsirkulasie en veiligheidsmaatreëls in fabrieke en myne was swak.
• Fabriekswerkers, veral in die katoenmeulens, het as gevolg van die katoenstof longsiektes opgedoen.
• Werkers het geen regte gehad nie en kon maklik vervang word.
• Vervaardiging van produkte het toegeneem, maar minderwaardige produkte is dikwels vervaardig, aangesien wins belangriker was as gehalte, estetika en bruikbaarheid.
• Die meeste mense kon egter werk kry en ’n sterk middelklas het tot stand gekom .