Figuur/gegrond: gebruik van 2-dimensionele terme; verhouding tussen die voorgrond (figuur) en die agtergrond/spasie rondom; sien ook negatiewe teenoor positiewe spasie Figuurlik: vorms wat herken kan word; ’n natuurlike voorstelling; verteenwoordig menslike of dierlike vorms Fokuspunt: strategiese plasing van ’n voorwerp of van die ontwerperselemente om die aandag op een spesifieke voorwerp of gedeelte van die ontwerp of kunswerk te vestig; die hooffokus van die kyker Formeel: die ontwerpstruktuur van ’n werk teen die inhoud daarvan Formele elemente: die term wat gebruik word om die tegniese struktuur, komposisie en vorm van kuns, asook die kundigheid en ontwerpresultate te beskryf; term kan in sub-afdelings verdeel word, soos byvoorbeeld ontwerpelemente (lyn, tekstuur, kleur, ensovoorts) en ontwerpbeginsels (balans, proporsie, skaal, ritme, ensovoorts) Fotografie: binne die konteks van ontwerp word hierdie dissipline geklassifiseer as kommersiële fotografie (die foto word direk aan die eindverbruiker verkoop); dit sluit in advertensiefotografie, modefotografie, voedselfotografie (wat vir artikels, verpakking of advertensies gebruik word), misdaadfotografie, redaksionele fotografie (om ’n storie of idee in ’n tydskrif te illustreer), fotojoernalistiek, ens Fragmentering: die verbreking of verdeling van iets in aparte segmente, deeltjies of fragmente Frontale: 3D-objek wat van ’n spesifieke aansig of hoek bestudeer moet word Frottage/vryf: vel papier word oor ’n swaar tekstuur of reliëf geplaas waarna daar met ’n sagte kryt of potlood oor die paper gevryf word; die metode wat gebruik word om ’n oppervlak te kopieer Funksioneel: effektiewe werking; prakties sonder om dekoratief of luuks te wees Funksionele ontwerp: die hoofdoel van die produk is die funksionaliteit daarvan, bv. ’n bak om vrugte te hou of ’n melkbeker om melk mee te skink, ’n motor wat vervoer verskaf, juweliersware wat ons liggame versier en ons uitdrukkings aksentueer; vir praktiese gebruik
G
Gebeurtenis/funksie ontwerp: sluit die ontwerp, organisasie en projekbestuur in van al die komponente om ’n suksesvolle gebeurtenis/funksie te organiseer; kan die volgende insluit: padblokkade -prosedures en -strukture, die oorsig van die bemarking van die gebeurtenis, tydlyne en strukture wat die projekspan in staat sal stel om komponente maklik en korrek uit te voer, uitleg en orde van die gebeurtenis, byvoorbeeld die openingseremonie van die Wêreldsokkerbeker, musiekfees of die bekendstelling van ’n nuwe produk of diens Gedemp: om ’n kleur, tekstuur, lyn te versag sodat dit nie uitstaan nie Geen kleursaturasie/ongesatureerde kleur: skakerings van grys Gefossileerde brandstowwe: ’n natuurlike brandstof soos steenkool of gas wat gevorm is in die geologiese verlede van oorskiet lewende organismes Gekleurde glasventers: verskillende vensterpanele van gekleure glas en juwele wat met lood aanmekaar gesit word om ’n eenheid te vorm; partykeer word handgeverfde detail aangebring; bring ’n dekoratiewe paneel in ’n spasie mee
Gemeganiseer: proses van toename in die masjien as vervaardigingsinstrument Gemengde media: die kombinasie van ’n verskeidenheid materiale in een ontwerp Geometriese vorms: basiese vorms soos ’n sirkel, driehoek en reghoek wat gewoonlik met presisie geteken word deur gebruik te maak van onder andere ’n liniaal of ’n passer Geslote vorm: soliede vorm met klein negatiewe spasies Gestalt: geheel as ’n saamgestelde eenheid; ’n patroon of element in sy totaliteit; saamgestel as ’n eenheid en kan nie afsonderlik sonder die totaal van sy dele beskryf word nie Glasblaas/-ontwerp/-kuns: prosesse en tegnieke betrokke by die produksie van glasprodukte; kan ’n dekoratiewe voorwerp wees of funksie verleen, soos byvoorbeeld ’n drinkglas Globale aanvraag: ’n behoefte op ’n wêreldwye skaal Graffiti: die uitkrap van ’n ontwerp, beeld of letters op ’n oppervlak; kan ingewikkelde skilderkuns op ’n muur wees wat aangewend word as ’n styl en formaat om ’n handelsmerk of produk te adverteer; spreiverf is ’n baie populêre materiaal wat gebruik word; kunsbeweging tydens die vroeë 1970s, geïnspireer deur die stad New York se treinstasie graffiti; in Italiaans beteken dit “krapmerke op ’n muur”