Hulle gevierde kuns was om van meet af aan iets van hoë gehalte te vervaardig, en het eerlike materiale en ou tegnieke gebruik. Hulle het waarde geheg aan eenvoudige, nuttige produkte uit vervloë tye. Dit was in reaksie op die Industriële Revolusie en die oppervlakkige buitensporighede van die Victoriaanse tydperk.
“Hulle het goeie ontwerp aan ’n gesonde samelewing gekoppel. Dit was ’n visie van ’n samelewing waarin die werker nie verlaag is deur die werkstoestande in die fabrieke nie, maar eerder trots kon wees op sy of haar vakmanskap en vaardigheid.”
’n aanhaling uit jouGRAAD10BOEK “
Baie van hierdie beginsels van die Kuns- en Handwerkbeweging begin vandag weer van toepassing raak.