In die 90s het musiekgroepe soos Nirvanna, Alice in Chains en Sound Garden deel gevorm van die grunge-beweging – toe ’n groot element in populêre kultuur. Aan die minder rebelse kant van populêre musiek in die 90s was jongmansgroepe soos Back Street Boys en Boyz II Men.
Foto van Kurt Cobain van die 1990s-groep Nirvana,
deur Mark Seliger geneem. Hierdie foto is in Seliger se keuruitstalling Celebrity Icons vertoon.
Boyz II Men
Sommige kunstenaars, soos Madonna, het daarin geslaag om deel van die populêre kultuur te bly, selfs na die dekades en generasies verandering.
Madonna – toe en nou (links en hierbo) by die 1985 Amerikaanse Musiektoekennings, en op promosiemateriaal vir 2005
“Confessions on a Dance Floor” album deur Madonna
Sommige kunstenaars soos Madonna het dit reggekry om deel te bly van die populêre kultuur deur dekades en generasieveranderings. Dit is nie slegs die musiek van hierdie musikante wat deel van populêre kultuur word nie, dit is ook wat hulle doen, aantrek en sê.