Hulle het met nuwe vorms geëksperimenteer en aërodinamika en ruimte ondersoek. Vorms het ’n gladde traandruppel- of skulpagtige voorkoms gehad – kyk byvoorbeeld na die Volkswagen Kewer.
Hulle het nuwe materiale en nuwe tegnologie ondersoek en daarmee geëksperimenteer.
Modernisme was grootliks verbruikergedrewe en het veral op die jonger geslag gefokus, aangesien hulle as lewensvatbare mark vir al die nuwe produkte gesien is. Jong paartjies kon allerhande nuwe produkte vir die huis koop om die lewe makliker te maak. Dit is ’n mark wat daarvan hou om te eksperimenteer en risiko’s te loop – anders as die ouer geslag, vir wie nuwe dinge miskien nie so aanloklik was nie, aangesien hulle langer geneem het om by verandering en nuwe tegnologie aan te pas.
Allerhande soorte moderne geriewe vir die moderne huis is ontwikkel.
Die ontwerpe van die 1950s is primêr gebaseer op “organiese of biomorfiese modernisme” met vorms van die amebe, molekule en niertjie in tekstiele en produkte.
’n KNR-radio van 1950 wat uit bakeliet (handelsnaam *Bakelite), ’n harde plastiek, gemaak is.
Sony se draagbare TV wat in 1950 ontwerp is
Die gewilde Volkswagen Kewer is oorspronklik in die 1930s as gesinsmotor vir Hitler ontwerp.
* 290 /////
Bakelite - ’n handelsmerk van verskillende sintetiese harse wat in talle vervaardigingsprosesse gebruik is.