Alexandra Zaharova en Ilya Plotnikov is twee Russiese modeontwerpers wat aan ’n reeks swart- en-wit rokke saamgewerk het. Die rokke is heeltemal van papier gemaak en die delikate, maar tog stywe aard van die materiaal word in hierdie slanke, beeldende en modulêre origami-ontwerpe verbeeld. Die silhoeëtte is verbasend vleiend en alhoewel dit nie drabaar is nie, is dit beslis innoverend en pragtig.