70 MODULE 1: KWARTAAL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ontwerp” Die simboliese gebruik van kleur
Kleur is ’n baie kragtige stuk gereedskap, veral as jy wil kommunikeer of in verbinding wil tree of die aandag van ’n spesifieke teikenmark wil uitlok. Dit is egter belangrik om bewus te wees van die verskil- lende betekenisse wat verskillende kulture aan die- selfde kleur heg. ’n Ontwerper kan nie bekostig om onkundig hieroor te wees nie. Jy mag dalk die gevaar loop om jou teikenmark onbewustelik te beledig.
Kom ons kyk na die onderstaande kleure om te sien hoe die betekenis in verskillende kulture verskil:
Swart ’n Simbool van rou in Europa, Amerika en Suid-
Afrika.
Wit Vir die meeste mense ’n simbool van reinheid en vrede,
maar in Oos-Asië simboliseer hierdie kleur die dood. Dit is die kleur wat deur die meeste bruide gedra word, soos in Suid-Afrika, VSA en Europa.
Rooi Die kleur wat bruide in Asië dra.
Marknavorsing toon dat in byvoorbeeld die motor- nywerheid, sekere kleure bydra tot ’n toename in verkope. Die nuutste tendense en modes speel ook natuurlik ’n groot rol veral in die mode en binnehuisversierings industriëe. Dit is veral te sien in die modewêreld en interieurontwerp. Die voorspelling van tendense sluit ook die voorspelling van kleure vir die komende seisoene in. ’n Persentasie van die ontwerpbedryf gebruik hierdie inligting as aanduiders en hou dit in gedagte wanneer hulle hulle nuwe produkte ontwerp.
Die meeste kleure kan beide positiewe en negatiewe interpretasies hê.
Byvoorbeeld: ’n Foto van Tafelberg in Kaapstad met ’n rooi agtergrond kan iets positiefs simboliseer (’n pragtige sonsondergang) of iets negatiefs (’n verskriklike en vernietigende brand).