ontwerp is, was vir ’n Kandinsky-uitstalling. Die plakkaat fokus op inligtingshiërargie (deur die belangrikste inligting te laat uitstaan met die gebruik van kleur of deur die letters groter te maak) en bevat duidelike, leesbare letters.
Hierdie plakkaat is deur Joost Schmidt vir die Bauhaus- uitstalling van 1923 in Weimar, Duitsland ontwerp. Dit was die eerste werklike uitstalling van werk wat by die Bauhaus geproduseer is. Die invloed van geometrie en soliede vorms op die uitleg kan duidelik gesien word.