• Tot met die Industriële Revolusie is voorwerpe met die hand gemaak deur vakmanne wat op hulle eie, saam in plattelandse huisnywerhede, of in gildes of verenigings in die dorp gewerk het.
• Die meeste van hulle vaardighede was beperk en hulle het eenvoudige voorwerpe, meubels, geboue en breekware vervaardig. Dit was dikwels ’n familiebesigheid waar hulle dieselfde dinge oor en oor gemaak het. Dit was asof die tyd stilgestaan het. Ontwerpe het geslagte lank dieselfde gebly!
• Daar was ’n paar ambagsmanne/vakmanne wat egter vir die adel werk gedoen het. Hulle het voorwerpe en ontwerpe geproduseer wat op ontwerpe en tegnologie van ander lande gegrond was. Hulle het dikwels hulle eie ontwerpstyle gehad, maar slegs ’n beperkte hoeveelheid ontwerpe geproduseer. Daardie voorwerpe kan vandag in museums gesien word. Dit is ook die rede waarom hierdie klein reeks ontwerpte voorwerpe baie duur was.
• Die uitvinding van masjiene vir massaproduksie het op ’n tyd gekom toe ryk handelaars en bankiers wetlike en politieke regte verkry het oor die adel wat grond besit het. Dit het tot ’n nuwe besigheidsklas gelei.
• Arbeid het van die plattelandse gebiede na die dorpe begin beweeg. Alles het verander. Dit was vir die eerste keer moontlik om groot hoeveelhede te produseer van ’n eenvoudige voorwerp wat goedkoop genoeg was dat die meeste mense dit kon bekostig.
• Ontwerpe was die gevolg van die tegnologie wat op daardie tyd beskikbaar was, maar eenvoudige wit borde moes byvoorbeeld steeds met die hand geverf word. Aangesien dit ’n duur metode was, is ’n drukmetode ontwikkel om ’n prent op die bord oor te dra. Hierdie metode was tot blou ink beperk, aangesien dit die enigste kleur was wat teen hoë temperature bestand was.
• Ontwerp wat deur die bestaande tegnologie gelei is, was van ’n baie lae standaard. Geen geld is uitgegee om die voorwerpe te verfraai nie.
• Ontwerpers van daardie tyd was óf argitekte óf kunstenaars en die bedryf het geen nut gesien om hulle in diens te neem nie. Die bedryf was daarop uit om geld te maak en daar was geen mededinging nie. Fabriekseienaars het meer in wins belang gestel as om ’n goeie ontwerp te produseer.
Twee fabrieksmeisies van Tennessee, gemaak deur Lewis Hine (van die Biblioteek van Congress)
136 /////
Die film Oliver Twist gee insig in die lot van talle kinders tydens die Industriële Revolusie.