Projekte waaraan Bargmann gewerk het, sluit die skepping van die Vintondale AMD&ART- park in Pennsilvanië in. ’n Ou steenkoolmyn en vervaardigingsaanleg het riviere deur die jare met verskillende metale deur suur water (AMD) vergiftig. Suur water bedek die bodems van strome met oranje sediment wat giftig is en word in die omgewing van ou myngebiede aangetref. Die AMD&ART-projek was ’n multidissiplinêre projek wat saam met die gemeenskap die effek en oorsake van AMD bekendgemaak het. As gevolg hiervan is ’n uitgebreide ekofiltreerstelsel geskep om die water in die gebied te filtreer en skoon te maak. Die herontwerp van die gebied het egter baie verder gegaan as slegs ’n ingryping in die omgewing. Publieke kunsstukke kan regdeur die park gesien word om die gebied se erfenis en die idee van volhoubare ontwikkeling te vier. Een so ’n stuk is die “Great Map”, ’n groot mosaïekkaart wat deur ’n 1923-kaart van die gebied geïnspireer is.
Kyk na die verskil tussen die landskappe – voor (bo) en na (onder) die AMD&ART projek in werking gestel is.
Die “Great Map” is ’n enorme mosaïek van die park wat gebaseer is op ’n kaart uit die 1920s. Deur verwysing na ’n geskiedkundige kaart wou die ontwerpers en kunstenaar die geskiednis van die area erken.
Die ontspanningsarea van die AMD&ART-park. Hierdie ruimte bring mense na die park en skep ’n skakel tussen die ruimte en die gemeenskap