295 MODULE 4: KWARTAAL 4 – Produkontwerp en bruikbaarheid
4. Die Kuns en Kunsvlytbeweging
Gedurende die tweede helſte van die 19de eeu het die Engelse Kuns en Kunsvlytbeweging hul toegespits om die belangrikheid van vakmanskap in ʼn era van meganisasie en massaproduksie te hervestig. Hulle het geglo dit was ʼn aanval op die kreatiewe integriteit van die ontwerpproses as gevolg van die verdeling van werk en ander industriële produksiemetodes. Die beweging was geïnspireer deur John Ruskin en ander skrywers wat die gevolge van die industrialisering verafsku het, asook William Morris wat ʼn firma van binnehuise-ontwerpers en vervaardigers gestig het om handgemaakte tekstiele, gedrukte boeke, muurpapier, meubels, juweliersware en metaalwerk te produseer. Alhoewel die beweging gekritiseer is as vir die elite, vir ʼn uitgesoekte paar mense, en ook gesien is as onprakties in ʼn industriële gemeenskap, het die beweging se aanhang tog versprei na ander lande in die 1890’s, insluitend die VSA. Die Kuns en Kunsvlytbeweging het in die tweede helſte van die 19de eeu ontwikkel en aangehou tot diep in die 20ste eeu, ondersteun deur progressiewe kunstenaars, argitekte, ontwerpers en vroue van die middelklas wat by die huis wou werk. Hulle het klein werkswinkeltjies, weg van die industriële wêreld, en ou tegnieke laat herleef. Hulle het ook eenvoudige huishoudelike voorwerpe van voor die industriële tydperk vertroetel. Die beweging was dus ʼn reaksie op die onmenslike
gevolge van die Industriële Revolusie en die oorvloed van die Victoriaanse era, toe die middelklas oorversierde, massageproduseerde beuselagtighede versamel het.
Die Kuns en
Kunsvlytontwerpers het ʼn paar algemene beginsels aangehang. Dit het die eerlike gebruik van materiale en konstruksiemetodes ingesluit, in teenstelling met die meer wydverspreide viering van slim aanwendings van nuwe materiale en prosesse om ander produksieprosesse en afwerkings na te maak.
Hulle het ’n goeie ontwerp met ʼn goeie gemeenskap vereenselwig. Dit was ʼn visie van ʼn gemeenskap waarin die werker nie verneder is deur die werksomstandighede in fabrieke nie, maar eerder trots kon wees op sy of haar vakmanskap en vaardigheid. Die toename in ’n verbruikersklas het saamgeval met die toename in masjienvervaardigde verbruikersgoedere. Gedurende hierdie periode was vervaardigde goedere dikwels swak ontwerp en van ’n swak gehalte. Ruskin, Morris en andere het voorgestel dat dit vir almal beter sou wees indien individuele vakmanskap herleef kon word – die werker kon dan pragtige voorwerpe produseer wat getuig van goeie vakmanskap, in teenstelling met die minderwaardige produkte van massaproduksie. Die doel was dus om ontwerpe te skep “vir die mense en deur die mense wat ʼn bron van plesier was vir die maker en die verbruiker.” Werkers kon pragtige voorwerpe produseer om die lewens van gewone mense op te helder en terselfdertyd kon ordentlike indiensneming aan die vakman verskaf word.
Die Engelse Kuns en Kunsvlytbeweging het onge- lukkig vakmanskap hoër geag as die lae pryse van massaproduksie. Die resultaat was uitste- kend gemaakte en versierde stukke wat slegs deur die baie welgestelde mense bekostig kon word. Dus was die idee van kuns vir die mense verlore.