71 MODULE 1: KWARTAAL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ontwerp” Neem die volgende in ag:
a) Die simboliese gebruik van kleur in die advertensiewese.
b) Verskillende interpretasies en afleidings van die simboliese gebruik van kleur in Westerse en plattelandse kulture.
Die volgende interpretasies van kleure
word gewoonlik as die norm aanvaar binne ’n Westerse, Europese of Amerikaanse kon- teks.
Rooi word geassosieer met bloed, energie, liefde, op- winding, passie en erotiek. Maar rooi kan ook aggressie
uitlok en woede of geweld voorstel.
Oranje is ’n informele kleur, die kleur van vlees. Dit skep ’n gevoel van warmte (dink aan die kleur van ’n vuur). Hierdie kleur kan ook toeganklikheid simboli- seer, of vriendelikheid en ’n gevoel van informaliteit. Maar ’n kleur wat te veel toeganklikheid en informaliteit voorstel, kan ook ’n negatiewe implikasie hê. Dit kan iets goedkoops met ’n gebrek aan gehalte voorstel.
Geel is die kleur van sonskyn. Hierdie kleur skep ’n gevoel van optimisme en energie. Maar die kleur kan
ook so oorweldigend wees dat dit ’n dreinerende uit- werking het op die liggaam en siel. Daar word ook geglo dat geel ’n valse sin van geluk skep.
Groen is ’n kleur wat ons almal geneig is om te ver- staan want ons assosieer dit onmiddellik met die natuur
wat rustigheid, stabiliteit, lewe en skoonheid voorstel. Maar sodra ons hierdie kleur in ’n ander konteks ge- bruik of ’n spesifieke skakering daarvan, kan dit verrot- ting, fungus, muf, gifstowwe en kunsmatigheid voorstel.
Blou is nog ’n kleur waarmee ons almal ’n verwants- kap kan voel, omdat ons dit met die blou lug en die kleur
van die see assosieer. Afangende van die soort blou wat ons gebruik, kan hierdie kleur varsheid en koelheid sim- boliseer, terwyl elektriese, koningsblou of ’n diep blou spiritualiteit kan voorstel en nog ’n ander skakering nederige elegansie. Maar sekere skakerings van blou kan ook depressie en ’n gevoel van hartseer of eensaamheid voorstel. Vergelyk bv. die Engelse uitdrukking van “feel- ing blue” of blou Maandag.
Pers/Violet is ’n uitspattige kleur wat plesier, fantasie en feëverhale en impulsi- witeit voorstel. Maar hierdie kleur kan ook waansin of nagmerries simboliseer.