Lyn Abstrakte lyne en vorms is wyd gebruik as agtergrond in herkenbare onderwerpe. Die sweepslaglyn en vrye kromlynige motiewe was gewild en is verkry van die bewegende stingelstrukture van plante, blomknoppe en ander organiese vorms soos lelies, orgideë, boomwortels, swane en poue.
Die gebruik van kronkelende, gladde en asimmetriese kurwes het in België en Frankryk blompatrone geword, maar in Skotland en Oostenryk geometries geraak.
’n Vereenvoudigde weergawe van ’n siklaam toon tipiese sweepslagstyllyne.
Hierdie Art Nouveau- advertensieplakkaat is deur die