Victor Papanek Die stigter van verantwoordelike ontwerp
Victor Papanek: Victor Papanek is in 1927 in Wene in Oostenryk gebore. Hy het sy skoolopleiding in Engeland voltooi voordat hy na Amerika geïmmigreer het om in argitektuur en ontwerp te studeer. Hy het aan die Cooper Union in New York studeer, asook aan die prestige Massachusetts Instituut van Tegnologie. Hy het tydens sy loopbaan op die ontwerp van produkte gefokus asook op die opvoeding van toekomstige ontwerpers. Hy het aan ’n aantal instellings klasgegee, insluitend die Universiteit van Toronto (Kanada), die Kaliforniese Instituut vir die Kunste, die Rhode Island Skool vir Ontwerp en die Universiteit van Kansas. Alhoewel hy die grootste gedeelte van sy loopbaan in Noord-Amerika deurgebring het, het Papanek die wêreld deur gereis en in Brittanje, Switserland en Australië tyd deurgebring en gekonsulteer.
Victor Papanek gee onderrig by die Kansas City Art Institute, waar hy van 1976 tot 1981 die hoof van Ontwerp was.
Victor Papanek het dikwels lesings gegee oor die oorproduksie en gehalte van produkte in Noord- Amerika en die impak wat hierdie massavervaardiging en verbruikersbewustheid op die omgewing het. Hy het die belangrikheid verstaan van verantwoordelike ontwerp en die probleme voorsien wat ons samelewing se produksie en verbruikersgewoontes op die omgewing sou hê. Papanek het omgegee vir sosiale en omgewingskwessies en was nie bang om oor sy sienings te praat en te skryf nie. Gedurende sy loopbaan het Papanek geskryf en was medeskrywer van talle boeke, maar dit was een van sy vroegste boeke wat sy nalatenskap sou wees. In die voorwoord van sy boek “Design for the Real World: Human Ecology and Social Change” (eerste uitgawe in 1971)
HET VICTORPAPANEK
“Design for the Real World”, eerste Engelse uitgawe in 1971 gepubliseer
GESKRYF “Daar is beroepe wat meer skade doen as industriële ontwerp, maar slegs ’n paar. En slegs een beroep is valser. Reklame-ontwerp wat mense aanmoedig om dinge te koop wat hulle nie nodig het nie, met geld wat hulle nie het nie, om ander mense wat nie omgee nie, te beïndruk, is waarskynlik die valsste veld wat vandag bestaan. Industriële ontwerp met die sameflansing van prullerige onnoselhede wat deur adverteerders gesmous word, is kort op hulle hakke. Nog nooit in die geskiedenis het volwasse mans gesit en met erns elektriese haarborsels, rynsteenbedekte liasseerbokse, en nertsmatte vir badkamers ontwerp en dan uitvoerige planne beraam om hierdie goeters te vervaardig en aan miljoene mense te verkoop nie.”