Jy het reeds verskeie voorbeelde van Europese ontwerpstyle bestudeer. Hoewel hulle ietwat verskil van die Europese voorbeelde, is daar in Suid Afrika ’n hele aantal goedbewaarde voorbeelde van Art Nouveau, Bauhaus en Art Deco verspreid regdeur die land.
7 PROJEK
Bestudeer die volgende voorbeelde van Suid Afrikaanse geboue en identifiseer die moontlike ontwerpstyl wat in elk n rol gespeel het
• Motiveer jou keuse deur te verwys na die voorbeelde sowel as die karakter eienskappe van die oorspronklike styl.
• In watter opsig, wyk die Suid Afrikaanse voorbeelde af van die oorspronklike styl?