Gothic Lolita verwys na ’n vroulike soort klerestyl wat bestaan uit valletjies, rokke, hoede, haarbande, ens. Uitrustings kan amper kinderlik wees of meer elegant en gesofistikeerd. Hierdie omslag vir die boek “Gothic & Lolita” beeld die tipiese ligte Lolita-drag uit.
Kei-straatmodes, dikwels deur musikante gedra, word gekenmerk deur oordadige grimering, haarstyle en kleredrag. Versailles is ’n Visual Kei metal-groep. (die naam en die kleredrag kom uit die Rococo-tydperk in Frankryk)
Dit is vir ontwerpers belangrik om die populêre kultuur te verstaan en hoe dit ’n impak op ontwerp in die algemeen het. Dit is ook belangrik om bewus te wees van die feit dat nie alle mense dieselfde kulturele perspektiewe het nie. ’n Suksesvolle ontwerper ontleed altyd die situasie en doen deeglik navorsing voordat na populêre kultuur in hulle ontwerpe verwys word – dit is noodsaaklik om dit eers te verstaan voordat jy dit met welslae kan gebruik!
Subkultuur vs. populêre kultuur
’n Sleutelaspek van menswees is die begeerte om ons individualiteit uit te druk. Dit kan baie subtiel wees of ekstreem en word deur ons keuse van klere, bykomstighede, musiek, oortuigings taalgebruik ens. voorgestel. Wanneer ons konformeer met die algemene idees en praktyke om ons, is ons deel van die hoofstroom. Talle individue en groepe konformeer egter nie met die hoofstroom nie en druk hulleself op ’n unieke (dikwels ekstreme of bisarre) manier uit. Hierdie groepe indivdue vorm hulle eie subkulture. Bekende subkulture sluit in Punk, Goth, Emo, Rock-a-Billy, Rock, branderplank- en skaatsplankkultuur, ens.
*
John Lyndon, hoofsanger vir die beroemde punkgroep Sex Pistols in die 1970s. Hy dra ’n Ben Sherman-hemp met letters daarop gestensil, soos ’n ontsnapte tronkvoël met haakspelde vasgemaak
Manga: Japannese grafiese verhale, strokiesprente en spotprente met meestal wetenskapfiksie- of fantasie- inhoud en wat vir meer volwasse lesers bedoel is. Anime: Japannese geanimeerde films en TV-programme. Die onderwerpe is meestal wetenskapfiksie of fantasie met eksplisiete inhoud.