Wanneer jy die swart gedeeltes by die eerste reël bygevoeg het, gaan aan na die tweede en die derde. Jou ontwerp moet aan die linkerkant minder besig en aan die regterkant ingewikkelder wees.
As dit goed werk, kan jy nog patrone byvoeg of selfs van die patrone wat in die Art Deco-styl is, solank as wat die geheel die styl van Art Deco voorstel.
STAP4 Jou ontwerp is nou voltooi, dus gaan ons na die volgende stadium. Knip ’n beeldsoeker van 200 x 200 mm uit. Beweeg die beeldsoeker vryelik oor jou nuwe ontwerp en soek ’n pragtige afsnyding wat jy wil hê jou Art Deco-styl moet verpersoonlik. Wanneer jy tevrede is, neem twee klein stukkies maskeerband en plak jou beeldsoeker op jou ontwerp vas. Draf nou fotokopieerder toe! Maak ’n kopie van die ontwerp met die beeldsoeker daaraan vasgeplak. Noudat jy jou ontwerp geïsoleer het, kan jy jou tweede stuk papier gebruik om die ontwerp wat jy gemaak het netjies te reproduseer. Teken die ontwerp noukeurig op jou tweede stuk papier of trek dit na en doen dit netjies en akkuraat. Maak seker dat jy jou 200 mm × 200 mm-ontwerp netjies en vierkantig op die tweede stuk papier plaas. Omdat die ontwerp ’n beeldafsnyding is, is dit moontlik dat jou ontwerp nie aan die kante van die blok parallel sal wees nie.
Jou ontwerp hoef nie oorgekompliseer te wees as jy dit nie so wil maak nie. Jy moet onthou om dit binne die raamwerk van die Art Deco-beweging te hou, en selfs as die intensiteit van die ontwerp nie oral dieselfde is nie, sal dit steeds as geheel werk. Jy is nou klaar met jou ontwerp en ons kan net dink hoe ongelooflik mooi dit lyk!
Figuur 1 2 3
Figuur 2 Dit is ’n voorbeeld van hoe een van die meer komplekse blokkies in die derde ry kan lyk wanneer van die kleiner gedeeltes swart ingekleur is.
Figuur 1
In die illustrasie hierbo (fig. 1) kan jy drie vertikale rye blokke sien, genommer een tot drie. In die eerste ry sien jy blokke gevul met slegs horisontale, vertikale, diagonale en kwartsirkel lyne. Hulle kan in enige volgorde wees, solank hulle baie akkuraat is. Die volgende stap is die tweede ry, waar jy die twee oorvleuende lae van lyne in elke blok kan sien. Weereens kan hulle in enige volgorde wees, solank hulle akkuraat is. Kan jy sien waar die lyne van ry 1 en ry 2 bymekaar kom? Ry 2 is besig om ’n interessante patroon te vorm! Met ry 2 voltooi, begin met ry 3, waar jy nog ’n laag van lyne gaan byvoeg – in ander rigtings as die eerste twee. Daar sal nou drie verskillende lae lyne wees. Dit raak nou ingewikkeld! In die illustrasie is slegs een blok in ry 3 voltooi sodat jy kan sien waarnatoe jy moet werk. Julle patrone sal verskil van mekaar en juis dit maak dit opwindend. Natuurlik word slegs lyn op hierdie stadium gebruik ; wanneer al jou rye voltooi is, kan jy met die finale ontwerp begin deur swart in jou patroon wat jy geskep het, in te bring.