Die stoelontwerp is uiters nuttig, aangesien dit ekstra sitplek verskaf en ook buite gebruik kan word. Die Crease-tydskrifrakkie en Low Cut- stoeltjie/sytafeltjie kan maklik uitmekaargehaal word en plat gestoor word, wat albei ontwerpe ruimtedoeltreffend maak. Die finale ontwerpe is boonop van 90% herwonne materiale gemaak en kan maklik aan die einde van hulle leeftyd herwin word.
Die Blue Marmalade Low Cut-stoeltjie/sytafeltjie
By die Edinburgh internasionale bemarkingsfees in 2010 het Blue Marmalade die “Handelsmerk van die Toekoms”-kompetisie gewen. Hulle prestasie het die wêreldwye fokus op volhoubare produkte en stelsels beklemtoon en bewys dat omgewingsverantwoordelike ontwerp nie slegs goeie ontwerp is nie, dit is wonderlike ontwerp! Hierdie idee word deur talle plaaslike ontwerpers gesteun.
ANIMAL FARM
Porky Hefer het in 2007 Animal Farm, ’n Kaapstadse ontwerpagentskap en konsultasie- agentskap, gestig. Hulle probeer om ontwerpprobleme deur samewerking op te los.
Hefer het meer as ’n dekade lank in reklame gewerk en tyd by agentskappe soos TBWA Hunt Lascaris, Ogilvy en Bozell in New York deurgebring. Hy het aan projekte vir Nike, Coca-Cola, Nando’s, BMW en talle meer gewerk. Namate tyd verbygegaan het, het Hefer egter rusteloos geword in die korporatiewe wêreld van reklame. Nadat hy daar weg is, het hy werk aan individuele projekte begin en deur Animal Farm- projekte saam met ander kreatiewe individue begin werk. Kreatiewe denke en uitdrukking behoort nie tot professionele ontwerpers beperk te word nie, en kliënte moet ook nie altyd op projekte of nuwe idees aandring nie. As die normale ontwerpproses gevolg word met geen kreatiewe interpretasie of “buite-die-boks”- inspirasie nie, neig die produk om te lyk soos dit wat reeds daar is. By Animal Farm werk groepe mense uit verskillende dissiplines saam met kliënte om ’n ander, vryer dimensie aan hulle bemarking en rekalmeveldtogte te gee, en projekte word voorgestel en voltooi deur lede van Animal Farm bloot omdat hulle dit geniet. Projekte wat die passie en volhoubare instelling van Porky Hefer en Animal Farm weerspieël, sluit in Lite, die Weaver’s Nest en die Cratefan.
Porky Hefer: kunstenaar, ontwerper, entrepreneur en omgewingskundige