doeleindes geproduseer. In hierdie prent word Coca-Cola as die “gesonde alkoholvrye drank” beskryf. Alhoewel die advertensie redelik eenvoudig is, vorm die dekoratiewe aard van die Coca-Cola-logo ’n fokuspunt met ’n pyl wat ’n ronde rand vorm.
Vet, dekoratiewe en eenvoudige lettertipe kon op ’n enkele plakkaat of advertensie aangetref word. Alhoewel hierdie visuele oorlading van beelde en tipografie veroorsaak het dat talle ontwerpers die kwaliteit van hulle ontwerp moes hersien en wegbeweeg van die Victoriaanse styl, het die oordadige gebruik van tipografie en die geïntegreerde kombinasie van illustrasie en teks wat in hierdie tyd gebruik is, talle eietydse ontwerpers en style geïnspireer.
Victoriaanse plakkaat vir ’n kermis en Victoriaanse Astleys: Victoriaanse ontwerp word gekenmerk deur die gebruik van veelvuldige en dekoratiewe lettertipe. Plakkate wat sirkustoertjies en kermisse adverteer, het dikwels ’n groot verskeidenheid lettertipe binne ’n enkele ontwerp gebruik.