Opdrag Hierdie projek is begin met ’n leerder wat gesê het: “Sê nou H was ’n stoel.” Met hierdie stelling in gedagte, waarom probeer jy nie om ’n stoel, tafel, verdeler of 3D-muurpapier te skep wat uit die vorm van ’n letter ontstaan nie?
!
Wat jy ook al kies om te skep, gebruik toepaslike materiaal vir jou finale ontwerp. Dit moet natuurlik sterk en duursaam genoeg wees! Jy kan ook enige tegniek gebruik wat voorheen gebruik is.
STAP1 Begin deur visuele navorsing te doen. Wanneer jy genoeg visuele verwysings versamel het, maak ’n konseptekening. Maak gebruik van miniatuursketse en meer gedetailleerde tonale tekeninge.
STAP2 Skep ’n miniatuurprototipe om te sien of jou ontwerp werkbaar is. As jy hierdie stap oorslaan, kan dit op ’n ramp uitloop. Dit kan ’n uitwerking hê op die lewensvatbaarheid van jou projek ten opsigte van finale kostes en tyd aan die projek bestee.
GROOTTE Moenie groter werk as A4 of A3 nie.
KRITERIA Maak seker dat jou miniatuurontwerp of -prototipe aan die volgende assesseringskriteria voldoen:
• kreatiewe en oorspronklike ontwerp • kreatiewe en funksionele gebruik van materiale • netjiese afwerking en kreatief aangebied. Op die volgende bladsye is ’n paar voorbeelde van 3D-tipe meubels wat iets het om te sê.