Antiek: behoort aan die verre verlede Appliek: versierings wat op materiaal vasgewerk word of wat op 2D- of 3D-oppervlaktes aangebring word; verleen versieringskwaliteit aan die oppervlak Argitektoniese ontwerp/argitektuur: die kuns en wetenskap van die ontwerp en konstruksie van geboue; die ontwerp, beplanning en projekbestuur van meestal nuwe geboue alhoewel hierdie sektor ’n noodsaaklike rol kan speel in die herskepping en restourering van bestaande geboue; ’n sektor wat hoogs besorgd is oor die rol en funksionaliteit van die gebou en struktuur wat ’n noodsaaklike rol in die gevoel en aansig van die finale ontwerp speel
Art Deco: ’n kunsbeweging gedateer vanaf die einde van die 19de eeu tot die vroeë 20ste eeu; inkorporeer masjienagtige vorms en meestal geometriese fatsoene; reghoekig sodat reguit lyne in plaas van gekurfde lyne beklemtoon word Art Nouveau: ’n kunsbeweging gedateer vanaf die einde van die 19de eeu tot die vroeë 20ste eeu; dikwels kenmerkende plantmotiewe as ’n eienskap; organiese vorms; krulagtig sodat die gebruik van gekurfde lyne (in plaas van reguit of reghoekige lyne) beklemtoon word As: gewoonlik ’n denkbeeldige reguit lyn waarom ’n objek of vorm geplaas word sodat ’n dominante liniêre konsentrasie van hierdie objekte volg Asimmetries: ’n balans wat verkry word wanneer verskillende elemente uit sentrale posisie teenoor mekaar geplaas word aangesien hul dieselfde hoeveelheid visuele klem vereis Atrium/binnehof: ’n sentrale gang van ’n huis met ’n enkele sentrale opening in die dak om reënwater in ’n waterbak op die vloer te versamel Avánt-garde: as iemand byvoorbeeld klere, idees of enige ander kreatiewe vorm ‘voor hulle tyd’ produseer en ontwerp
B
Balans: proporsioneel of eweredige distribusie van elemente; word verkry wanneer teenoorgestelde elemente in ’n komposisie in harmonie verkeer; kwaliteit of stabiliteit en gelykheid van die posisie van belangrike dele van die ontwerp; balans kan radius/simmetries/asimmetries radiaal (straalvorming) wees Bemarking: bekendstelling van ’n produk of diens om dit te verkoop of om in te lig Beperkte spasie: ’n spasie of veld met duidelik definieerbare grense Bestaande beweging: ware fisiese beweging Bestaande spasie: spesifieke spasie wat ’n 3D-objek omring en deur dieselfde objek in beslag geneem word Bestaande: om deel te wees van die werklikheid Betekenismerk: ’n simbool of merk wat ’n konsep of idee kommunikeer Beweging: elemente van ontwerp wat op so ’n wyse georganiseer word sodat dit die aandag van die kyker trek om ’n spesifieke rigting in die komposisie te volg; verspreiding van kontrasterende of ooreenkomstige kwaliteite van elemente regdeur die komposisie om beweging te bewerkstellig Bewusmakingsveldtogte: ’n veldtog met die doel om ’n bewusmaking van ’n kwessie, gebeurtenis of nuwe produk te skep deur byvoorbeeld die gebruik van ’n verskeidenheid digitale media Binnenshuisversiering: uitleg, ontwerp en versiering van binneshuise spasies/interieur van ’n gebou wat o.a. insluit die keuse van kleurskemas, meubilering, afwerkings van areas en oppervlaktes Binnenshuisontwerp: opleiding in argitektuur, fasiliteitsbestuur, spasiebeplanning, binnenshuis-installasies, meubels en tekstielgeskiedenis, beligting en tekstielontwerp, bekwaamheid in uitvoering van vloerplanne, plafonplanne, aansigte en om perspektiewe op te trek Biomorfies: geassosieer met vorms wat in die natuur te vinde is; sien ook die term organies Borduurwerk: naaldwerkontwerp met gare wat uitstaan en wat per hand of masjien op 2D of 3D-oppervlaktes aangebring word; borduurwerk verleen gewoonlik dekoratiewe kwaliteite aan ’n oppervlak Bui: toestand of gevoel wat gekommunikeer word deur die ontwerp of komposisie deur kleure of teksture te gebruik
Byskrifte: beskrywings by ’n illustrasie, skets of ontwerpkonsep wat addisionele inligting ter verduideliking nodig het