Boeke deur Victor Papanek geskryf en waarvan hy medeskrywer was
• Papanek, V. 1971. Design for the Real World: Human Ecology and Social Change. New York: Pantheon Books
• Papanek, V. & Hennessey, J. 1973. Nomadic furniture: how to build and where to buy lightweight furniture that folds, collapses, stacks, knocks-down, inflates or can be thrown away and re-cycled. New York: Pantheon Books .
• Papanek, V. & Hennessey, J. 1974. Nomadic Furniture 2. New York: Pantheon Books. • Papanek, V. & Hennessey, J. 1977. How things don’t work. New York: Pantheon Books. • Papanek, V. 1983. Design for Human Scale. New York: Van Nostrand Reinhold. • Papanek, V. 1995. The Green Imperative: Natural Design for the Real World. New York: Thames and Hudson.
Julie Bargmann Hoe kan DIRT die planeet verander?
Vars drinkwater is een van die wêreld se kosbaarste hulpbronne. Die besoedeling van riviere, damme en mere bedreig nie slegs ons oorlewing nie, maar die oorlewing van alle *fauna and flora wat van die waterbron afhanklik is. Die besoedelstowwe wat in riviere aangetref word, kan teruggevoer word na die mens se aktiwiteite van die laaste eeu – ons fabrieke, myne en nywerhede het afval en selfs giftige materiaal in ons rivierstelsels ingepomp. Alhoewel daar vandag ’n streng beleid is oor die besoedeling van riviere, sit ons steeds met die effek van die verlede. Een ontwerper wat hierdie uitdaging aangepak het om ons waterstelsels te verbeter, is Julie Bargmann. Sy is ’n innoverende landskapsontwerper wat daarin spesialiseer om ekostelsels en stedelike gebiede wat verval nuwe lewe te gee, asook om interdissiplinêre opvoeding te verskaf.
Waterbesoedeling in Suid-Afrika is besig om rampspoedige afmetings aan te neem. As ons nie onmiddellik iets doen nie, kan ons binne die volgende dekade nie meer vars drinkwater hê nie.
Bargmann het ’n meestersgraad aan die Harvard Graduate School of Design verwerf, waarna sy by die Amerikaanse akademie in Rome ’n genootskap voltooi het. As ’n medeprofessor aan die Universiteit van Virginia het Bargmann haar navorsing op die opheffing en herontwerp van stedelike landskappe deur die Design Investigation Reclaiming Terrain-projek (the D.I.R.T.-navorsingsprojek) gefokus. Die D.I.R.T.-projek het ’n sosiale, omgewings- en tegnologiese fokus. Die sosiale element van die navorsing word duidelik in die vlak van gemeenskapsbetrokkenheid by projekte gesien en oorweging van terreine se sosiale en geskiedkundige relevansie. Die fokus van talle van haar seminare sluit in ’n oorsig van die huidige beleid en tradisionele metodes van herskepping van ruimtes.
*
Fauna and flora: Die woord ‘fauna’ verwys na al die verskillende tipes diere in ’n streek, terwyl ‘flora’ na al die verskillende plantspesies verwys.