Soos jy reeds weet, het Skandinawiese ontwerp in die 1950s in die Nordiese gebied ontstaan. Die drie Skandinawiese lande (Denemarke, Noorweë en Swede) asook Finland (Finland is op daardie stadium steeds as deel van Rusland beskou) is as vennote in hierdie styl gesien. Hulle noukeurige vakmanskap, die perfeksie waarmee hulle gewerk het, die harmonie en invloed van hulle natuurlike omgewing, is gesien as die droom van ’n beter wêreld na die tragedie van die Tweede Wêreldoorlog. Die estetika van hierdie Skandinawiese lande was altyd eenders, maar toe hulle almal ’n Modernistiese benadering begin volg het, het die styl van die streek bekend geraak as Skandinawiese ontwerp. Hierdie lande was almal in ’n mindere of meerdere mate deur die internasionale praktyk van Modernisme beïnvloed, soos deur Duitsland (Bauhaus), Nederland (de Stijl) en onder andere individue soos die argitek Le Corbusier (Frankryk).
Die ontwerpbeweging is deur eenvoudige ontwerpe, minimalisme en funksionaliteit gekenmerk en die doel was laekoste-massaproduksie. Jy behoort nou duidelik te kan sien hoe Modernisme hierdie denkrigting beïnvloed het!
Die idee dat pragtig ontwerpte, funksionele, alledaagse voorwerpe nie net vir die ryk mense in die samelewing bekostigbaar moes wees nie, maar ook vir almal, is ’n fundamentele tema van die Modernisme. Die ideologie wat in Skandinawië die platform vir hierdie styl geskep het, was die opkoms van die sosiale demokrasie in die 1950s. Op ’n tegnologiese vlak was daar die toenemende beskikbaarheid van nuwe laekoste-materiale en prosesse vir massaproduksie. Tipiese materiale wat in Skandinawiese ontwerp gebruik is, was pershout, plastiek, emalje-aluminium of persstaal. Talle van hierdie ideale het oorleef en selfs vandag kan dit in eietydse ontwerp in Skandinawië en die res van die wêreld aangetref word. Hier is weer ’n paar baie herkenbare Skandinawiese handelsmerke.
• bang & olufsen - Denemarke • Georg jensen - Denemarke • Ikea - swede • marimekko – finland
Georg Jensen-horlosie Bang & Olufsen -luidsprekers