Art Deco het dikwels sirkelvormige en hoekige vorms in meubels gekombineer. Art Deco-meubels is ryklik versier en is opvallend.
Die gebruik van abstrakte motiewe en helder kleure kan in die teestel op bladsy 187 gesien word. Jy sal ook sien dat die volgende kleure goed met chroom, gepoleerde staal en glas saamgewerk het: - mosterd, vlootblou, seegroen, taankleur en wit - grys, koraalrooi, vlootblou, grysblou en swart.
AKTIWITEIT 5 Doen die volgende in jou werkboek Stel ’n kleurpalet vir die Art Deco-beweging saam.
Jy kan jou eie kleurblokke maak deur toepaslike kleure uit tydskrifte te knip, of jy kan kleurblokke kry by enige hardewarewinkel wat Plascon- en Dulux-verf verkoop soos by winkels soos Game. Jy kan ook ink of enige ander materiaal gebruik wat jy beskikbaar het. Jy kan dit gebruik as waardevolle verwysing wanneer jy praktiese projekte doen.
Hoogsverlakte oppervlakke in meubels saam met die straalsonmotiewe is ook kenmerke van sommige meubelontwerpstukke
Die animasiereeks oor Batman is in tipiese Art Deco-styl van die 1930s en 1940s gedoen.
Kas met ingelegde blommotief in 1926 deur Emile Jaques Ruhlmann ontwerp