Dit kan ook as suksesvol gesien word as dit jou laat nadink. Dalk besef jy nou vir die eerste keer dat sekere kwessies nie so maklik is om op te los as wat jy gedink het nie.
Dit kan dwingend, boeiend, oorredend en sterk wees, en jou gedrag beïnvloed.
Dit kan op ’n handelsvlak jou motiveer om jou verbruikersgedrag te wysig of om iets te koop wat jy nie geweet het bestaan voordat jy die advertensie gesien het nie.
Aan die verbruiker... Advertering behels om vir die verbruiker die geleentheid te gee om ingeligte besluite en keuses te maak.
In die sakewêreld speel die reklamebedryf ’n noodsaaklike rol, aangesien dit die liggaam is wat ’n handelsmerk of diens onder die publiek en voornemende beleggers se aandag bring. Reklame, bemarking en elke ander aspek van die kommersiële sy van enige besigheid is almal maniere wat gebruik word om met die korrekte teikenmark/verbruiker te kommunikeer. Reklame het die mag om ’n mededingingsvoordeel by te voeg wat ’n onderneming ’n trappie bokant die res plaas, meer aandele in die mark gee en meer geld maak! Dit is natuurlik as gevolg van die kragtige uitwerking wat dit op die publiek het wat hierdie bedryf die gedrag van die verbruiker voorskryf en beslis ’n noodsaaklike rol in die vorming van die huidige stand van verbruiksersbewustheid speel. Die verandering van verbruikersgedrag na die ontwikkeling van ’n meer volhoubare gesindheid sal grootliks afhang van die boodskappe wat hierdie invloedryke bedryf oordra. Natuurlik moet die inhoud van die produkte en dienste wat hulle moet adverteer ook ’n paar groot veranderinge ondergaan as ons wil hê dat die uitkoms meer volhoubaar moet wees. Ons bespreek verbruikersbewustheid en volhoubaarheid ’n bietjie later in die jaar.
1 PROJEK
Jou onderwyser gaan nou vir jou drie verskillende advertensies wys. Twee is in Suid- Afrika vervaardig. Dit is belangrik om daarop te let dat al drie hierdie advertensies vorige agtergrondkennis nodig het om hulle heeltemal te verstaan. Kyk na al drie en kies jou gunsteling, wat dan die fokus van hierdie oefening sal wees. Jy moet deeglik navorsing doen om jou te help om ’n behoorlike ontleding en evaluering van elke advertensie te doen.
Die reklameveldtogte waarop ons gaan fokus, is gedoen vir Kulula, ’n laekoste-lugredery in Suid-Afrika; Allan Gray , ’n beleggingsmaatskappy in Suid-Afrika, en Mercedes Benz, ’n luukse-Duitse motorhandelsmerk. Die eerste stap in hierdie projek is om ’n deeglike ondersoek te doen na die handelsmerk van die advertensie wat jy gekies het. Vind alles uit wat jy kan oor die bestaande handelsmerk sonder om op enige spesifieke reklameveldtog te fokus. Ons wil graag sien hoe die aspek van vorige agtergrondkennis ’n rol speel. Verduidelik hoe sekere feite oor onderwerpe soos flieks, oorlewerings en
populêre kultuur nodig is voordat die kyker die “storie” verstaan wat vertel word.