HETJYGEWEETGeen beweging in kuns en ontwerp wat sedert die tweede helfte van die 20ste eeu plaasgevind het, kan losgemaak word van die invloed van ontwerpstyle in ’n ander land gedurende daardie tyd nie. Die feit dat reise per vliegtuig maklik en gereeld kon plaasvind, het gemaak dat ontwerpe bekend geword het. Ontwerpstyle en -benaderings is dus verryk deur bewegings wat êrens anders in die wêreld plaasgevind het. Dit word globalisering wat verbeterde kommunikasie, reise en die invoer en uitvoer van goedere drasties laat toeneem het, genoem. Jy behoort daarmee vertroud te wees, aangesien TV, selfone en die internet dit vir ons moontlik maak om binne sekondes te weet wat in enige deel van die wêreld plaasvind.
Skandinawiese ontwerp is sinoniem met eenvoud en elegansie. Die word gekenmerk deur funksionaliteit en bekostigbare massaproduksie. Dit is gedoen sonder om toe te gee aan gehalte of om grasie en skoonheid uit te skakel.
’n Kernelement in die ontwikkeling van Modernisme en funksionalisme was die idee dat pragtige en funksionele alledaagse voorwerpe vir almal bekostigbaar moes wees, nie net vir die rykes nie. Die naoorlogse Skandinawiese beweging, alhoewel in ooreenstemming met ander ontwerpe in die wêreld, het die ontluikende tegnologieë en materiale in ’n unieke Noord-Europese mode aanvaar. Hierdie konsep het waarskynlik in die tyd direk na die Tweede Wêreldoorlog die beste in die Skandinawiese ontwerp, na vore gekom. Die beskikbaarheid van nuwe, laekoste materiale en metodes vir massaproduksie het hierdie konsep moontlik gemaak.
Armi Ratia, die vrou van die eienaar van ’n mislukte oliedoekfabriek, het in 1951 Marimekko- tekstielstowwe tot stand gebring. Hierdie tekstielstowwe was aanvanklik abstrak, maar het later herkenbare beelde begin gebruik. Armi Ratia het haar vriende gevra om grafiese ontwerpe vir haar nuwe reeks tekstiele te maak. Sy het gou hiermee die mislukte oliedoekfabriek in een van die belangrikste middelpunte van Skandinawiese ontwerp omskep. Dit was nuwe, pretklere en anders as enigiets anders op die mark.
Marimekko is vandag lewendig en byderwets met sy handelsmerk van helder kleure en patrone vir klere, sakke en die huis.
Invloede
• Die Modernistiese en Bauhaus-bewegings het grootliks hierdie styl beïnvloed. Die middel van die 20ste eeu is deur artistieke innovering asook tegnologiese en maatskaplike vooruitgang gekenmerk.
• Die evolusie van moderne meubelontwerpe was ’n kombinasie van kuns, tegnologiese vooruitgang en argiteksteorieë.
• Hierdie beweging het begin as gevolg van ’n spesifieke Skandinawiese vorm van sosiale demokrasie wat gedurende die 1950s ontwikkel het.
• Die masjien, nuwe tegnologie en nuwe materiale wat na die Tweede Wêreldoorlog beskikbaar was, het hulle ook beïnvloed.
• Ontwerpers het op ’n stadium gesoek na iets wat minder na “handwerk” lyk en meer na iets wat masjiengemaak is. Die ontwerpe het elegante vorms gehad, geïnspireer deur die Surrealistiese beweging.
• Daar kan beweer word dat die lang winters met slegs ’n paar uur sonskyn Skandinawiese ontwerpers beïnvloed het om helder, ligte en praktiese omgewings met skoon lyne te skep.