Skep drie gedenkseël-ontwerpe wat aan die lewe en werk van (1) Piet Mondrian (2) Gerrit Rietvelt en (3) theo van Doesburg gewy is. Besluit op ’n toepaslike grootte vir jou seëls en kies jou papier noukeurig vir hierdie oefening.
Kom ons eksperimenteer met die volgende tekentegniek:
StaP1 Kies ’n ikoniese werk uit elkeen van die De Stijl-ontwerpers hierbo genoem. Begin deur grysskaal-tekeninge te maak deur ’n verskeidenheid HB-potlode te gebruik. Ons wil hê dat jy ’n gestileerde benadering en “plat” toepassing vir hierdie seëls gebruik.
StaP2 Voeg kleur by deur slegs die drie primêre kleure – rooi, geel en blou – te gebruik. Ja, ons wil hê dat jy die primêre kleure bo-oor die HB-potloodtekening gebruik sodat jy die kleure met die grys skakerings van die tekening kan laat saamsmelt. Al drie primêre kleure kan in elke seël gebruik word, maar ons wil hê dat jy een dominante kleur vir elke seël gebruik. As jy wil, kan jy die hele agtergrond in ’n primêre kleur “invul”, of by die grys tonale kleur van die tekening bly en die primêre kleure slegs hier en daar gebruik.
ONTHOU JY MAG NIE DIE POTLOOD SMEER OF INVRYF NIE!
StaP3 Soos met die HB-potloodtekening, wend die kleure as plat, gelyk en solied op die oppervlakke aan.
!
’n Wonderlike wenk is om altyd seker te maak dat jy skerp en vaste lyne gebruik en ’n lineêre perspektief invoeg om dimensionele diepte in jou komposisie te kry.
Moenie vergeet om die buitenste geperforeerde rand wat tipies van seëls is, te teken nie – sien voorbeeld hieronder. Onthou ook dat die letterbeeld wat jy vir jou seëls kies, ’n tipiese De Stijl-letterbeeld moet wees.