Hierdie twee ontwerpers het onderskeidelik in die strate van Johannesburg en op ’n melkplaas in die Vrystaat grootgeword en het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Shotopop se hoofkantoor is in Brighton in die VK en hulle werk sluit in gedrukte ontwerpe, bewegingsgrafika, kunsleiding en illustrasies vir ’n indrukwekkende lys internasionale kliënte, aan.
Hulle was verantwoordelik vir die ontwerp van die stelle en die maak van bewegingsgrafika vir die musiekvideo’s “All of me” vir die plaaslike musikant, Chris Chameleon en “Because of you” vir die internasionale, Skunk Anansie.
Kyk noukeurig na die ontwerp-idees en modelle wat van papier gebou is en uiteindelik gebruik is as rekwisiete om die geanimeerde en spesiale-effek-musiekvideo vir Chris Chameleon te skep.