Die prente hierbo en links is ’n uitstekende voorbeelds van ’n klassieke voorverhoog in die 1900s wat deur ’n terugkeer na die natuur geïnspireer is. Dit was ook die belangrikste inspirasie vir die Art Nouveau-styl van daardie tyd met sy “terug-na-die-natuur”-filosofie.
Dit is ’n wonderlike voorbeeld van ’n papierteater uit die 1920s deur Art Deco geïnspireer. Dit was werklik ’n tyd van weelde en betowering.
?
HETJYGEWEET Papierteaters het ’n lang tradisie. Dit is moeilik om ’n spesifieke datum te noem van die eerste papierteater, maar voorbeelde wat terugdateer tot die 18de eeu kan in sekere Europese museums gesien word.
Aan die begin van die 19de eeu het Europese kunsdrukkers teater-prosceniums begin publiseer. Die “werklike” teater het dit geïnspireer en dit is duidelik dat hierdie eerste papierteaterproduksies probeer het om tonele van bestaande teaterproduksies na te boots. Die papierteater het gou sy eie onafhanklike publiseringsformaat gehad en het vinnig regdeur Europa versprei. Die eerste volledige papierteaterproduksie met stelle, figure en teks het in 1811 in Engeland sy verskyning gemaak. Ongeveer tien jaar later het die eerste prosceniums by Duitse uitgewers verskyn, gevolg deur uitgewers in Oostenryk, Spanje, Frankryk en Denemarke.