• Redelik eenvoudig wees. As dit te kompleks is, sal jou gehoor wegstap en jy sal al die moeite verniet gedoen het.
• Georden wees as jy spesifieke inligting wil oordra, veral as dit oor ’n nuwe produk gaan. • Nie te veel inligting bevat nie. Een sterk boodskap sal gewoonlik werk. • Leesbaar wees – dit beteken nie voorspelbaar of vervelig nie, maar maak seker dat die belangrike boodskap oorgedra word.
• Mobiliseer en aanmoedig! Jy wil hê dat verbruikers hulle denke moet verander • Produk (selfde soos in advertensiewese in Mod 1) moet altyd KONING wees!
Dis moeilik om dit alles op ’n A3 te doen, maar ons is seker jy is daartoe in staat!
Dit kan alles vreeslik swartgallig klink, maar dit is nie. Heelwat groot inspirerende, besielende ontwerpwerk vind elke dag regoor die wêreld plaas, maar die punt is dat te veel swak ontwerp terselfdertyd plaasvind.
Aangesien die wêreldgemeenskap ekologies met ons rug teen die muur is, kan ons nie langer die vier stadiums van besoedeling volg nie.
Ontwerpers het vandag ’n groot
verantwoordelikheid om ’n beter wêreld te skep deur die besluite wat ons elke dag maak en deur ons mag verantwoordelik te gebruik. Ontwerpers waak teen:
• Die vernietiging van grondstowwe • besoedeling wat deur vervaardigingsprosesse geskep word • te veel nuttelose produkte, en die • besoedeling deur ongebruikte produkte wat in opvullingsterreine regoor die wêreld verrot.
Jy wil vanselfsprekend ’n suksesvolle ontwerper wees en ’n goeie bestaan daaruit maak, en dit is natuurlik jou reg! Daar sal altyd moeilike besluite wees om in ’n wêreld te neem wat wil hê dat almal konformeer, maar as jy deur jou gevoel van verantwoordelikheid gelei word om goeie ontwerp te produseer en jy jou sensitiwiteit en kennis gebruik om die omgewing daarmee te dien deur dit meer volhoubaar te doen, is dit ’n stap in die regte rigting!
3 PROJEK Tweede deel van jou module 3-projek
Jy het in module 3 met ’n konsep vorendag gekom om ’n omgewingsprobleem in jou onmiddellike omgewing op te los of aan te pak. Jy het ’n konsep van wat jy wil hê gevorm en ’n pragtige logo, briefhoof en besigheidskaartjie ontwerp. Jy het ook na noukeurige oorweging drie ekstra toepaslike stukke bygevoeg om bewustheid vir jou veldtog te skep.