Cratefan in Kaapstad, wat as “Elliot” bekend geword het
Cratefan is nie van natuurlike materiaal soos die Weaver’s Nest vervaardig nie, maar die impak is net so indrukwekkend. Die projek was deel van Coca-Cola se “Live for a Difference”-veldtog wat probeer om teen 2015 50% van Coca-Cola se verpakking te hergebruik. Cratefan is vir die 2010 - Wêreldbeker geproduseer en is uit 2 500 basiese Coca-Cola-kratte gemaak. Die reuse krat-“ondersteuner” het tydens die Wêreldbeker oor besoekers en plaaslike mense in Kaapstad en Johannesburg getroon as ’n visuele herinnering aan die belangrikheid om materiaal te hergebruik en te herwin.
Die sosiale en omgewingsimpak van produkvervaardiging moet erken word. Vir talle eietydse ontwerpers wat op maniere werk wat omgewingsverantwoordelik is, is dit die enigste opsie. Maatskappye soos Blue Marmalade en Animal Farm wys vir verbruikers dat daar pragtige, stylvolle en funksionele ontwerpe beskikbaar is wat nie die omgewing vra om die prys te betaal nie.