6. Sak van hondekosverpakking 7. Armband van draad en koeldrankringetjies
8. Serp van afvallappies.
Identifiseer julle groeplede
Kry in julle klas ’n groepie leerders met verskillende vaardighede bymekaar. Ons het nie almal dieselfde talente nie en een van die kenmerke van ’n span wat goed funksioneer, is dat elke lid van die span ’n ander vaardigheid tot die groep bydra. sterk punte en dus is die beste uitkoms feitlik gewaarborg.
Elke lid van die groep het sy of haar eie
Die groep moet egter as ’n span besluite neem en julle moet probeer om konsensus te kry oor wat julle gaan doen. As dit nie moontlik is nie (en dit is soms nie, ten spyte van goeie pogings) moet spanlede ook bereid wees om toe te gee en steeds hulle bes te doen, al was die uiteindelike besluit nie hulle keuse nie. In die bedryf moet ’n mens as ’n span saamwerk en ontwerpers wat net hulle eie idees verdedig en nie insette van ander spanlede verwelkom nie, skep groot probleme en ongelukkigheid en veroorsaak dat hulle uit toekomstige projekte weggelaat word.
Elke lid van die groep moet ten minste drie idees uitdink om na die groep toe te bring. bespreek as groep die voorstelle en soek die drie bestes uit. Skryf al die besonderhede neer.
Julle
Die eerste stap is dié van konsepontwikkeling. As julle hier besluite neem sonder dat julle goed daaroor nagedink het en behoorlike navorsing gedoen het, is die kans dat julle hele plan en produk gaan sukkel.
StaP1 Konsepontwikkeling
• IDentIfIseeR DIe behoefte • DefInIeeR DIe teIkenmaRkte en belanGRIkste GebRuIkeRs • IDentIfIseeR DaaRDIe pRoDukte wat met julle pRoDuk kan meeDInG
Ontleed hierdie aanvanklike bevindings, en neem dan julle finale besluit oor watter produk uit die kortlys gekies sal word.
Skryf ’n kort inleiding vir julle voorgestelde ontwerp of produk en ’n motivering vir julle produkkeuse.