HETJYGEWEETSeuns so jonk as agt jaar oud het in steenkoolmyne gewerk, aangesien hulle klein genoeg was om in die nou tonnels in te kruip.
Die prent hierbo toon ’n jong “trekker” wat ’n steenkoolhouer in ’n myntonnel trek. Wette wat die werksomstandighede in myne verbeter het, is in 1842 en 1844 in Brittanje aanvaar.
Watter uitwerking het die Industriële Revolusie op ons wêreld van vandag gehad?
• Vinniger produksie deur masjiene. • Industrialisering wat steeds voortgaan. • ’n Bewustheid van menseregte en die basiese regte van werkers. • Die belangrikheid van veiligheid in die werkplek is beklemtoon. • Dit het grootskaalse besoedeling tot gevolg gehad – iets waaraan ons tans aandag probeer gee. • Dit het ’n tekort aan behuising en sanitasie vir die massas in die stede geskep.
• Handgemaakte produkte is ook ’n waardevolle manier om inheemse kennis en stelsels te bewaar wat die bewaring van ’n kultuurerfenis vir die toekomstige geslagte sal verseker.
• Handgemaakte items is vandag gesog, aangesien dit ’n unieke en spesiale gehalte het wat die teenoorgestelde is van ’n goedkoop massavervaardigde item. ’n Begrip vir geskiedenis sal altyd die foute van die verlede beklemtoon. Hierdie kennis moet ons bemagtig om voortdurend eietydse tegnologie en ontwerp wat hierdie slaggate op ’n meer bewuste manier kan hanteer te ontwikkel, sodat ’n meer volhoubare wêreld geskep kan word wat nie net aandag aan die ekonomie gee nie, maar ook die mense en die planeet in ag neem. Ons maak weer vandag gebruik van handgemaakte produkte wat baie werkgeleenthede vir talle mense kan skep.