Steampunk, ’n moderne alternatiewe kultuurgroep wat weer na die groot uitvindings van die Victoriaanse tydperk kyk, fokus daarop om Victoriaanse stoomkragtegnologie op ’n futuristiese of fantastiese manier te gebruik. Steampunk-ontwerpe se grafiese ontwerpe en die keuse van tipografie word geskep om soos die Victoriaanse plakkate van weleer te lyk – in werklikheid kan jy dikwels slegs deur na die datum te soek, bepaal of dit ’n oorspronklike 19de-eeuse plakkaat of ’n moderne Steampunk-weergawe is.
Steampunk-ontwerpe is op die Victoriaanse tradisie geskoei. Hierdie 2010-plakkaat vir die Victoria- stoomtentoonstelling gebruik Victoriaanse tipografie, tradisionele modes en fotografiese style saamgesmelt met ’n tegnologiese kant asook ’n dekoratiewe rand en ontwerpelemente.