Jy moet ’n plakkaat ontwerp om een van dié vyf produkte op die vorige bladsy te bevorder. Gaan terug na module 2 en kyk na die punte wat oor suksesvolle reklameveldtogte genoem is, maar nou, met die nuwe kennis wat jy het, moet jy ’n meer verantwoordelike manier kry om hierdie produkte te bevorder.
Dit is met ander woorde nie soseer die nuutheid van iets wat byvoorbeeld van dollar-note gemaak is wat jou ontwerp gaan dryf nie, maar eerder dat dit potensiële verbruikers se opinies en kooppatrone moet verander. Jou plakkaat moet met ander woorde nie fokus op wat dit is (die produk wat van interessante en verantwoordelike materiaal gemaak is) nie, maar eerder op wat die vervaardigers wil bereik, naamlik die voordele wat dit inhou om verantwoordelik te ontwerp.
STAP1 Besluit op ’n produk en hou ’n dinkskrum oor hoe om hierdie boodskap oor te dra. Die handelsmerk en die vervaardigers is nie belangrik vir hierdie oefening nie. Jy moet die kliënte motiveer oor die belangrikheid om weg te beweeg van die bekende, vreeslike sexy en uitspattige produkte en dink aan die (miskien bietjie duurder, maar baie meer verstandige) herwonne produkte. Jy kan ’n fiktiewe naam vir jou produk kies en ook aan ’n treffende slagspreuk wat sal veroorsaak dat verbruikers jou boodskap onthou dink.
STAP2 Raadpleeg module 2 waar die eienskappe van ’n geslaagde veldtog bespreek is. Dink na oor jou UVP (kan jy onthou wat ’n UVP is?) en hoe jy hierdie UVP in een sterk boodskap gaan oordra. Jy kan feite oorweeg (moet egter nie mense verveel nie), humor inbring (maar wees versigtig, dis nie ’n ligsinnige onderwerp nie), of selfs geskiedkundige of sosiale verwysings wat sal veroorsaak dat verbruikers kennis neem, gebruik. Jy moet vars en interessant wees sonder om terug te val op metodes wat vervaardigers van die gewone produkte wat ons wêreld besoedel, gebruik. Teken klein scamps en hou klein gonsgroepies in die klas waar julle mekaar se benaderings kan evalueer. Verkoop jou idees/konsepte aan jou klas, maar bly verantwoordelik daarmee! Omdat dit n nuwe produk is, is dit baie belangrik om die produk iewers op die plakkaat te wys. Jy mag enige tegnieke gebruik om die produk af te wys solank dit professioneel gedoen is. Onthou die produk is altyd KONING!
STAP3 Wanneer jy tevrede is met jou konsep, begin om jou plakkaat op A3-papier te ontwerp. Jy kan enige toepaslike medium gebruik. Wanneer jy jou plakkaat voltooi het, gee die voltooide A3-vel op ’n netjiese, professionele manier vir jou onderwyser in..
Eienskappe van ’n geslaagde plakkaat ’n Plakkaat is oor die algemeen ’n eenvoudige metode om aandag te trek en basiese inligting oor ’n projek of produk oor te dra. Dit moet:
• Oorspronklik wees – die oog vang en veroorsaak dat die publiek wil stilstaan en dit lees! 440 /////