Die probleme rondom leesbaarheid en balans by lettertipe word nie net tussen sinne aangetref nie, maar ook binne woorde. Die term letterspasiëring verwys na die aanpassing van ruimtes tussen individuele letters. Die hoofdoel van letterspasiëring is om ’n meer gebalanseerde en visueel aangename resultaat te verkry. Jy moet versigtig wees om nie letterspasiëring met outomatiese spasiëring te verwar nie. Wanneer jy outomaties die ruimtes tussen ’n reeks letters en woorde aanpas, is dit outomatiese spasiëring. Letterspasiëring verwys na die aanpassings wat aan individuele spasies gemaak word. Dit is veral belangrik om te kyk na die letterspasiëring van teks wat in baniere, logo’s, opskrifte en grootformaat-uitstallings gebruik word om te verseker dat die woorde gebalanseerd lyk. In sommige gevalle is die voorkoms en spasiëring van twee spesifieke letters so problematies dat ’n gekombineerde lettervorm geskep word wat ’n ligatuur of koppelletter genoem word. ’n Ligatuur soos “æ” in plaas van “ae” is ’n maklike oplossing vir die ongemaklike vorms wat deur sekere letterkombinasies geskep word, alhoewel talle ontwerpers verkies om met aparte letters te werk.
Die spasiëring tussen letters en woorde word ook gekoppel aan die inlynstelling wat jy vir die gedeelte van jou teks kies. Inlynstelling verwys na die verwantskap tussen teks en die bladsy of ’n gedeelte waarin die teks geplaas word. Inlynstelling met die bladsy kan gesentreerd, (gelyk) links, (gelyk) regs of gejusteer wees.
Kyk na die voorbeelde hieronder:
Gesentreerd
Teks word om ’n sentrale as geplaas, op gelyke
afstand van die linker- en
regterkantlyne. Gesentreerde teks werk nie visueel
wanneer dit met ander style van inlynstelling
gekombineer word nie. ’n Gesentreerde inlynstelling kan die leesbaarheid van ’n gedeelte van ’n teks benadeel.
Links
Wanneer teks slegs links inlyngestel word, word slegs na die inlynstelling links gekyk en die regterkant word nie in ag geneem nie. Hierdie styl van inlynstelling is baie leesbaar.
Regs Wanneer teks slegs regs
inlyngestel word, word slegs na die inlynstelling regs gekyk en die linkerkant word nie in ag geneem nie.
Gejusteer (Justified) ’n Gejusteerde
inlynstelling
verwys na die gedeelte van ’n teks wat gelyk links en regs met die kantlyne inlyngestel is. Justifisering het ’n meer formele
beïnvloed leesbaarheid.
voorkoms, maar
Inlynstelling, soos met ander aspekte van tipografie, moet noukeurig oorweeg word. Die grootte en doel van jou teks is uiters belangrik wanneer jy op ’n spesifieke inlynstelling besluit. Koerante en talle tydskrifte werk met ’n gejusteerde inlynstelling. In hierdie geval is jou inlynstelling vooraf bepaal, maar jy moet steeds enige leesbaarheidskwessies wat voorkom met toepaslike letterspasiëring en reëlspasie oplos. Vir die ontwerp van korporatiewe skryfbehoeftes, plakkate, digitale inhoud en ander ontwerpelemente moet die inlynstelling van teks by die konsep en gevoel van die projek aanpas. As jy byvoorbeeld ’n brosjure vir ’n bank of webwerfinhoud vir ’n beleggingsagentskap ontwerp, kan jy ’n gejusteerde inlynstelling kies, aangesien dit meer formeel voorkom.