’n nuwe optimisme en nuwe materiale ’n wêreld geskep anders as enigiets wat voorheen bestaan het.
Coco Chanel, mode-ikoon
?
HETJYGEWEETDit was ’n verdere ontwikkeling van verbruikers- bewustheid en ’n onversadigbare wêreld soos ons dit vandag ken. Massaproduksie en geldmaak was aan die orde van die dag. Niemand het werklik aan die lewensiklus van produkte, die keuse van meer volhoubare materiale of produksiemetodes gedink nie. En miskien wat dit as gevolg van die dringendheid om goedere in grootmaat te produseer en meer geld te maak dat die gehalte van produkte agterweë gebly het en dat die kies van kortpaaie die norm geword het. Die ontwerp van produkte met ’n kort lewensduur skep ’n groter vraag. Swak ontwerpte produkte word dus later aanvaarbaar, aangesien dit ’n vraag skep en dus meer geld maak. Kan jy sien waar hierdie houding ons vandag laat beland het?