Figuur 4 Vou die driehoekige dele na buite sodat die reghoekige flap A na posisie B beweeg, soos in die figuur getoon.
Figuur 5 Nou kan jy die driehoekige dele aanmekaar plak en die flap op sy plek plak om ’n 3D-voorverhoog/ proscenium te skep soos jy in die figuur kan sien.
Figuur 6 Die proscenium kan nou aan die steunstruktuur vasgeplak word. Kyk in hierdie figuur waar die geskakeerde gedeelte die voorverhoog of proscenium voorstel. Plak die kantflappe aan die bokantste raam vas. Die raam moet in sy lengte af gevou word om dit meer stabiel te maak.
!
Die onderste hoeke van die syvleuels en die agterdoek kan afgesny word sodat hulle makliker in die steunstruktuur ingesteek kan word.
STAP5 Voorgestelde afrondingstegnieke – handgeverfde fotokopieë en uitknipsels
Gebruik goeie gehalte fotokopieë wat op dikker papier gedruk is of maak jou eie tekeninge. Gebruik byvoorbeeld Reviva- papier wat ’n herwonne papier van ongeveer 105 mg is en in ’n fotokopieerder gebruik kan word, of enige ander dikker papier wat beskikbaar is. As jy ’n kleurkopieerder het, gebruik slegs die kopie as verwysing, maar moet dit nie vir jou finale werk gebruik nie. Gebruik slegs swart-en-wit kopieë en kleur hulle met kleurpotlode of waterverf in. As jy belangstel om dit ’n verouderde gevoel te gee, kan jy antieke glasuur of ’n verskeidenheid houtkleurstowwe oor die oppervlak verf om die verlangde effek te kry. As jy nie toegang het tot ’n kopieerder nie, sal jy joune met die hand moet teken. Nadat jy al die detail versamel het wat jy by jou proscenium wil insluit, werk noukeurig uit presies wat waar pas en plak dit in posisie op ’n oppervlak of stuk papier. Kry nou natrekpapier en plaas dit oor jou rofwerk-proscenium.