In hierdie oorwegend wit vensteruitstallings maak Zoe Bradley van herwonne papier en karton gebruik. Dit wit papierkostuums word vertoon teen ’n klassiek-geïnspireerde agterdoek wat slim opgelos is deur die gebruik van uitgesnyde en naaldprik-beelde. Die vensteruitstalling laat ’n mens aan ’n bisarre fantasiewêreld van musiekkissies, troukoeke en Sneeuwitjie op ys dink. Sy het ’n wêreld geskep van papierkuns wat skoonheid, harmonie en groot intellek toon. Met kollegas wat haar as die beste vensteruitstallingskunstenaar ter wêreld klassifiseer, is dit geen wonder dat daar na haar verwys word as die Michelangelo van vensteruitstallings nie!
Die ontwerpmaatskappy Ibride spesialiseer in ’n wye reeks geïnspireerde platpak-ontwerpe uit die verlede wat van herwonne saamgeperste hout gemaak is. Wat hulle uitstalling so ongelooflik maak, is hulle kreatiewe en dikwels speelse integrasie van 2D- met 3D-produkte. Ibride verkies om ’n gedrukte agtergrond met grys skakerings te gebruik, en die produkte gee ’n spatsel kleur aan hulle speelse wêreld.