Dink met aandag hoe jy jou finale versameling seëls op ’n kreatiewe manier gaan voorlê. Dit is raadsaam om dit toepaslik te doen. Jy kan dalk ’n roosterformasie gebruik soos dié wat Mondrian geskep het. Jy kan dalk ook besluit om ’n hele vel seëls as jou finale seëls in te gee. Gebruik die voorbeelde wat ingesluit is om jou te inspireer. Om ’n vel seëls te maak, sal vanselfsprekend beteken dat jy óf elke seël moet oorteken, wat te veel tyd in beslag gaan neem, óf jy kan jou oorspronklike ontwerp skandeer sodat jy kopieë op jou rekenaar kan hê en ’n vel seëls ontwerp voordat jy die volle vel met ’n kleurdrukker druk.
Anel Dippenaar ’n Graad 12-leerder, het die A4- velle met seëls hieronder geskep. Sy het eers een seël gemaak en dit toe gekopieer om die vel seëls/ versameling op te bou.
VOORSTELLE: Dit is moontlik om die Photoshop-program te gebruik, maar ons weet dat julle almal nie toegang het tot so ’n program nie. Die beste manier is steeds om dit met die hand te kopieer of om ’n fotokopie van elkeen te maak. As jy Photoshop of enige ander rekenaarprogram gebruik, maak seker dat die werklike ontwerp van die seëls eers met die hand gedoen word. Jy mag nie die oorspronklike ontwerp op die rekenaar begin nie. As jy dit met die hand doen, gee dit jou ’n wonderlike kwaliteit wat jy nooit op die rekenaar kan namaak nie en jy sal ook jou hand- en tekenvaardighede verder ontwikkel.