In die hoofstroom Modernistiese argitektuur is die vorms eenvoudig en onversier gehou, blokvormig, dikwels met die vensters in ’n ruitpatroon gerangskik. Hierdie styl het uiteindelik bekend geword as die Internasionale styl as gevolg van die eenvormigheid wat dit wêreldwyd geskep. Dit beteken dat areas amper oral identies lyk, maak nie saak in watter gebou in die wêreld (veral in sentrale sakekerns) jy is nie.
Die dienste in die gebou is in die middel geplaas met vrydraende vloere wat soos takke van ’n boom uitsteek. As gevolg daarvan dat dit nie meer nodig was om dramure te hê nie, kon geboue ’n “glasdop” kry.
Gewapende beton was baie sterk en het ruimte gelaat vir vrydraende vloere.
Vensters is in ’n roosterpatroon gerangskik. Daar was geen spesifieke voor- en agterkant van ’n gebou nie, aangesien geboue reg rondom dieselfde gelyk het.
Beton kon in enige vorm gegiet word, soos gesien kan word in die Sydney-operahuis hierbo en die werk van Eero Saarinen wat vroeër in die hoofstuk bespreek is.
Glashuis deur Phillip Johnson ontwerp, 1949.
Mies van der Rohe het die Seagram-gebou in Chicago ontwerp, 1973.