Piet Hein Eek, ’n ander Hollandse ontwerper, hergebruik materiaal wat hy uit opgeknapte huise haal. Sy eindresultaat is kreatiewe en funksionele herskepte kaste wat ’n historiese perspektief gee as gevolg van die materiale wat gebruik is.
Hierdie handgemaakte teepotte is deur Britse voedselverpakkings geïnspireer. Elke teepot se afmetings is goed ontwerp en komplementeer die oorspronklike verpakkingsontwerp. Die Lyle’s- stroophouer is smaakvol in ’n kreatiewe herskepte en byderwetse teepot omskep. Hierdie teepotte is in Engeland deur Diamond Print Ceramics met ’n lisensie van Tate & Lyle, gemaak.