Die eienskappe van die Modernisme kan dus soos volg opgesom word
Dit was ’n beweging wat die grense tussen die estetiese (hoe dinge lyk), tegnologie (hoe dinge werk) en die samelewing (hoe dinge deur die publiek waargeneem en ontvang word) wou verwyder. Hulle het dit gedoen om te verseker dat die beste ontwerpoplossings van die hoogste visuele en praktiese gehalte vir die massas geproduseer kon word. Stilisties het hulle aan eenvoudige vorms, beperkte palette en eerlike materiale (hout, metaal, ens) voorkeur gegee en die jongste tegnologiese vorderings vir hulle ontwerpe aangegryp. Ontwerpte items het altyd ’n doel gehad en oppervlakkige, onnodige detail is afgekeur. Hierdie beweging het sy rug gedraai op die geskiedenis en geen geskiedkundige verwysings in hulle werk getoon nie.
AKTIWITEIT 2
Kan jy die items hieronder uitken wat die Modernistiese standpunt onderskryf? Kyk aandagtig na al die stukke in die volgende tabel en maak ’n regmerkie of kruisie in die blokkie wat verskaf word om te toon of jy dink dat dit Modernisties is of nie. Gebruik die ruimte wat verskaf is en motiveer jou standpunt baie duidelik.