Jy kan dalk ook die volgende voorbeelde revolusionêr en die moeite werd vind om te lees. Gebruik hulle idees om self soortgelyke idees te ontwikkel.
Deelnemers by die “Big Bang” kompetisie
Details van een van die konstruksies
Die Instituut van Strukturele Ingenieurs het deelgeneem aan hierdie jaar se Big Bang-kompetisie wat meer as 1 300 leerders van 60 sekondêre skole wêreldwyd gelok het. Die Big Bang-kompetisie met die titel “Dink, Maak, Toets, Speel” bring 70 organisasies uit die sakewêreld, die bedryf en regering byeen om jongmense by wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde betrokke te kry. Leerders het teen mekaar meegeding om die mees innoverende en kreatiewe struktuur met 1 500 karton-oktagone wat in mekaar pas, te bou. Hierdie uitdaging kan ons almal beslis weer soos kinders laat dink! Dit is egter interessant dat hulle nie ontwerpers nooi om by hierdie spanne aan te sluit nie. Mense verstaan steeds nie die waarde van kreatiewe denkers vir so ’n innoverende en probleemoplossende proses nie. Dalk moet julle julle eie kompetisie by die skool hou waar julle spanne uitnooi wat al vier die volgende vakke verteenwoordig: wiskunde, wetenskap, tegnologie en ontwerp en/of kuns.
Die ontwerper, Aza Raskin, het die volgende idee (sien hieronder) uit sy kinderjare gekry. Hy het die Bloxe ontwikkel – stukke karton wat in mekaar pas soos ’n lewensgrootte Lego of legkaart. Die karton- legkaartstukke pas inmekaar om stewige lewensgrootte boublokke te vorm wat in ’n verskeidenheid vorms en strukture gebou kan word, insluitende kantoorverdelers, mure, speelhoeke, banke, stoele, tafels en huise. Hulle is trouens so sterk dat ’n motor met veiligheid oor ’n groot vorm met laaghout bo-op kan ry. SJOE!
Benewens dat dit ’n groen produk is, help die lugruimtes binne die Bloxes om klank te demp. Bloxes is platpak en vou in minder as 10 minute in modulêre boublokke op, en die beste van alles, dis goedkoop!
Bloxes is nie ideaal vir buitegebruik nie, alhoewel soortgelyke vorms in plastiek of ander waterbestande materiaal buite kan werk.