Tekstielontwerp deur Marimekko Geskiedkundige konteks
Die Skandinawiese ontwerpstyl het gedurende die 1950s in die Skandinawiese lande Denemarke, Noorweë, Swede en Finland ontstaan. Dit is ’n ontwerpbeweging wat gekenmerk is deur eenvoudige ontwerpe, minimalisme, funksionaliteit en laekoste massageproduseerde meubels en ander goedere. Dit het soos die Organiese Modernisme gelyk en gevoel. Hierdie benadering was nie vir die Skandinawiërs nuut nie en is ook deur Skandinawiese argitekte na Amerika geneem toe hulle na die Eerste Wêreldoorlog na Amerika verhuis het. Dit was mense soos Eero Saarinen se vader, Eliel Saarinen, wat talle argitektuurstudente deur sy onderrig beïnvloed het. Hierdie sagte moderne benadering van Skandinawiese ontwerpers soos Bruno Matheson en Alvar Aalto het wêreldwyd ’n groot invloed op meubelontwerp gehad. Hulle ontwerpe, wat op natuurlike fatsoene en materiale en goeie vakmanskap gesteun het, was aantreklik vir naoorlogse verbruikers, wat van gerief gehou het. Dit kan gesien word in die skulpvormige Mier- en Eierstoele wat deur Arne Jacobson ontwerp is.
304 /////
ontwerp is sinoniem met eenvoud en
Skandinawiese
elegansie. Die word gekenmerk deur funksionaliteit en bekostigbare